The myth of the colour-blind children
August 16, 2010
I’ve often heard people tell the stories of how their children have become “colour-blind”, meaning that they don’t see race, and thus they aren’t “racist”. It’s a hopeful statement, talking about a future that can be different. It’s also a confession of sorts, saying that our children are able to achieve what we (“we” being whichever generation is saying this) couldn’t. It also calls out for redemption. No matter our past, we were able to give birth to children that are no longer indebted to that past.
But the important question would be: is it true? Are we creating a generation of colour-blind children? Is it even possible to be colour-blind in 2010? Or is colour-blind a myth created by the white liberals, used to be politically correct? A trend towards ignoring race in a attempt at sidestepping forms of racism had been identified in white studies all over the world. Would this comment on our children be part of that?
Obviously there is something very problematic embedded within this statement, since stating it already recognize our own racial struggles, and the fact that we couldn’t or wouldn’t reconcile with people from other races. And it’s deeply problematic is a white person and a black person, both 50 years old, with 30 years ahead of them together in this country, leave reconciliation to a next generation.
What bothers me is the fact that I doubt whether the next generation will be “colour-blind”. Maybe in the white liberal sense of the word, meaning refuse to talk about issues of race (which creates huge problems when it comes to reconciliation), but I doubt whether “colour-blind” will be achieved in the next generation – “colour-blind” in the sense that they don’t think whites should in some why continue to have specific privileges, or in the way where the humanity of all people of all races are equally recognized, and thus the death of all people from all races equally mourned.
Maybe what bothers me most is the fact that I’m wondering whether the colour-blind children myth might not be an easy strategy to postpone the painful discussions and actions that is so long overdue. If we can convince everyone that our children will be colour-blind, then it does in a way excuse us from the difficult work of reconciliation necessary today. This idea can be an easy strategy to claim that reconciliation has been secured for the future of South Africa, and that we can take if of the agenda.
The reality is however that our children will inherit our ideas. They will imitate the reconciliation that we embody. They will carry over the racialization that we received. Except if we work to intentionally change this. If parents, schools, society, media, and other role-players work together to slowly but surely become a mirror and a model. A mirror for our children to find out how they’ve been racialized, and a model for what might become in the future.
The myth of the colour-blind children is a hopeful myth. But even with hard work it will take more than one generation. By simply retelling the myth, without every saying: we will be reconciled with our neighbour. Us. This generation. Me. Myself. I will reconcile with someone, build a friendship with someone that is a racial other, and model the reconciliation which I hope for my children, this myth might become just another one in the line of hopeful stories which let us down.
(colour-blind is a misleading idea at this stage, and not something I propose that we make our aim).
August 17, 2010 at 3:18 pm
Hi Cobus,
Thanx for this post. It made me think about the following article placed on SeNet in 2000, which created quite a stirr with the likes of dr Gerrit Brand, prof Nico Smit and prof Dirkie Smit responding to it if I recall correctly:
13 Junie 2000
’N TEOLOGIE WAT JOU VERNIETIG …
Die Afrikaner is siek. Tot die dood toe siek. Daar is geen hoop meer nie en uiteindelik gaan hy sterf. Sy siekte kom ’n lang pad, maar die afgelope jare het dit net vererger. Mense het gesê daar is merke aan sy lyf. Hy het begin dink dat net hy vir hierdie kontinent se ellende verantwoordelik is. Stadig maar seker het hy hom toe begin onttrek. Begin dink hy is melaats en dat hy ander aansteek. Sy eintlike probleem was ’n virus wat hom dag en nag ondermyn het. En hierdie virus was en is nog steeds ’n teologie. ’n Teologie wat sy kragte tap, sy moed breek en hom van sy God vervreem.
Hoe lyk hierdie “virus”?
Ons noem dit die “anti-apartheidsteologie”. Dit is al ’n dertig of veertig jaar in die land en het destyds met Beyers Naudé se jare lange skryfsels in “Pro Vertitate” begin. Daar sien ’n mens reeds die kontoere van ’n sentimentele liewe Jesus teologie wat ten dienste van die stryd teen apartheid sou staan. Mettergaan sou dit groei tot een van die grootste teologiese mites van ons tyd. Die mite dat apartheid sonder meer sonde is; dat sonde polities van aard is; dat die NG Kerk van God verlate is; dat die Afrikaner skuldig is; dat voortdurende sondebelydenis die enigste uitweg is en nog baie ander dinge meer.
Dit was en is nog steeds uiters simplisties. Verstommend dat mense in die tweede helfte van die twintigste eeu nog so kon glo en dink. Niks het vir hulle gebreek nie. Dit was ’n teologie waar alles nog heel en reg was; ’n teologie waar ’n mens nog presies kon weet wat God oor sosio-politieke sake dink; ’n “heel” Bybel wat bruikbaar teen apartheid was; ’n regte manier van Bybellees wat ongekompliseerd tussen teks en die dag se politiek kon beweeg; ’n alwetende leser wat in die Bybel allerlei sosio-politieke waarhede kon ontdek en dit met gesag kon oorvertel. Eintlik was die anti-apartheidsteologie ontydig en onvanpas. Dit het gekom in ’n tyd toe ons dit nie nodig gehad nie.
Dit het iets gemis
Dit is ’n teologie wat iets gemis het. Dit het aan iets mank gegaan. En wat was dit? Die insigte van die kritiese Bybelwetenskap. In die negentiende eeu is die Here se Woord mos heeltemal omgedraai en op sy kop gesit. Dit was die eeu van die geskiedenis. Alles is histories verstaan. In die omgang met die verlede het mense hulleself ontdek. Mense, idees en instellings se wording en groei moes fyn bekyk en beskryf word. Alleen so kon ’n mens werklik verstaan. Alles moes dus deur die meul van die geskiedenis gaan. En soos Ernst Troeltsch gesê het, ’n historiese verstaan is soos suurdeeg. Dit dring orals in en dit vernietig gevestigde idees, oortuigings en gewoontes.
Die Bybel sou hierdie historiese aanslag nie vryspring nie. Wie deur hierdie meul gemaal is, sou nooit weer dieselfde oor die Bybel dink nie. Soos nog nooit van tevore nie, is die menslike kant van Bybel (lees: Ou Testament) beklemtoon: dit het ’n lang wordingsproses deurloop; baie mense met verskillende gesigspunte het tot die ontstaan daarvan bygedra; politieke en ander kragte het tot die finale kanonieke gestalte bygedra; radikale breuke en spanninge is in die Ou Testament se teologie aangetoon; tradisionele sieninge in verband met outeurskap is bevraagteken; geen eenheidsteologie is meer in die Ou Testament gevind nie; Israel se geskiedenis is radikaal herskryf; spanning tussen die historiese en die Bybelse Israel is beklemtoon; die geskiedenis van Israel, soos dit in die Ou Testament vertel word, is nie die ware geskiedenis nie; die probleem van geskiedenis, geskiedskrywing en historiese feite is op die spits gedryf; Israel was uiteindelik niks anders as die ander Ou Nabye Oosterse volke nie; in sommige gevalle het bitter min van die Ou Testament oorgebly; prediking het al hoe moeiliker geword; etiese uitsprake was byna onmoontlik.
En die leser se posisie het ook verander. Hy het sy onskuld verloor. Hy is nie meer die subjek wat die Bybel opneem en daaruit ewige politieke waarhede haal nie. Hy is nie meer die baas in die leesproses wat net weet hoe en wat nie. Hy is gereduseer tot ’n klein ou mensie wat heeltemal deur sy konteks bepaal word. Wat hy daar raak lees, lees hy self daarin. Wat hy raaksien, word deur sy konteks bepaal. Wat hy uiteindelik as woorde van God (oor apartheid of enige ander saak) proklameer, is sy eie maaksel.
Die ratte van die historiese meul het stadig maar seker gemaal. Niemand kon dit meer vryspring nie. Sommige is vermorsel, andere het sterker uit die stryd getree. Oor die algemeen het die kerk(e) dit geïgnoreer. Tydens die Du Plessis stryd aan die begin van die twintigste eeu het iets van die vorige eeu deurgeslaan, maar dit is onderdruk. En tog kom lê die negentiende nog dag vir dag op ons, struikel ’n mens nog elke dag oor daardie enorme histories-teologiese probleme.
En toe word die groot probleme gesystap
Met hierdie kritiese insigte moes die kerk en teologie hulle veral in die sestigerjare van die twintigste eeu besig gehou het. En toe doen hulle die waaragtig nie. Hulle kies vir Beyers Naudé se teologiese lyn deur die negentiende eeu te ignoreer en ’n fundamentalistiese, onkritiese en ’n uiters simplisties teologie na te volg. Dit was populêr, onproblematies en selfs vulgêr.
Elke Christen met ’n Bybel kon jou met vers en kapittel presies beduie hoe alles in hierdie land verkeerd is; kon jou lekker met behulp van die profete vertel hoe God sy moer vir hierdie land gestrip het; kon gladbek ’n profeet soos Amos laat buikspreek om jou die land se erge sosiale sondes te laat sien; kon jou mooi vertel hoe jy in die Bybel van demokrasie en geregtigheid kan lees; kon met gemak vertel dat alles wat vir ’n nuwe apartheidsvrye Suid-Afrika nodig was, in die Bybel gekry kon word. Wie hierdie teologie gevolg het, se loon was groot. Onbekendes, onkundiges, middelmatiges en so-so-teoloë het beroemd of ten minste bekend geword. Oor sommige word selfs proefskrifte geskryf of met ’n traan in die oog vertel.
Hierdie teologie was ’n enorme tragedie. Reeds by sy begin, was dit al gedateer. In die sestiger jare kon ’n mens darem nie meer so onproblematies oor God praat en so simplisties met die Bybel omgaan nie. En tog het hulle gemaak of die kritiese Bybelwetenskap nie bestaan nie. Hulle eie historiese bepaaldheid het hulle nie besef nie. Wat hulle oor God en die politiek gesê het, was toe maar net hulle eie maaksels. Natuurlik is dit nie verkeerd nie. Dit is maar in alle gevalle so, ’n mens moet dit net weet. Toegegee daar was ’n aantal briljante jong teoloë wat die debat soms op ’n besonder hoë wetenskaplike vlak gevoer het, maar hulle insette kon nie die swakhede van die anti-apartheidsteologie oorwin nie.
Die Afrikaner “holocaust”
’n Mens kon hulle maar vergewe het, maar die gevolge van hierdie simplistiese teologie was, en is steeds, vernietigend. Mense en groepe se lewens word daardeur verwoes. Ons sou van ’n Afrikaner “holocaust” kon praat. Dit is die stelselmatige aftakeling van die Afrikaner deur Afrikaners met behulp van godsdiens en ter wille van ’n multikulturele reënboognasie. Godsdiens speel in hierdie “holocaust” ’n uiters belangrike rol. Dit vernietig deur onder andere die volgende te doen:
• Die verpolitisering van God. Hulle het Hom vir hulleself gekaap. Hy is nou hulle s’n. Hy is natuurlik kleurblind, ’n groot demokraat, sterk polities betrokke, stem gereeld, heeltemal teen apartheid gekant, verwerp rassisme, ’n ondersteuner van die reënboognasie, helper van veral die onderdrukte, en nog baie ander dinge meer. In hierdie magspel word die Afrikaner so met hierdie God geboellie dat baie maar protesloos aan die eise van die nuwe Suid-Afrika toegee.
• Die subtiele binding van ander se gewete. So en so voel sus en so oor apartheid, belydenis, of die ander Suid-Afrika en daarom moet jy ook so voel. Geen ander standpunte word geduld nie. Dit is natuurlik ook onnodig want die waarheid (veral oor apartheid) is tog so helder en duidelik dat iets by jou skort as jy nie ook so voel nie. Dit is ’n uiterste vorm van magsmanipulasie. Soms speel dominerende en outoritêre wit mans ’n belangrike rol in die magsproses. Pas dus maar op vir die oompies met die pakke en die dasse, die blink skoene en die skoon onderbroeke.
• Die kultivering van ’n skuldgevoel wat kerklik en polities gemanipuleer word. Oral en altyd word die Afrikaner vir alles beskuldig. In die kerk(e) word dit deurentyd lewend gehou en word hy tydig en ontydig daaraan herinner. Die wreedheid hiervan is dat iemand sy eie skuldgevoelens op jou verplaas en dan nog verwag jy moet soos hy voel en dit nog boonop bely. En nie net een keer nie. Die arme N G Kerk (waarom altyd op die kerk pik?) word voortdurend opgevorder om weer en weer en weer te bely.
• Die dwang om te bely en met die verlede in die reine te kom. Niemand hoef tog oor die verlede te bely nie. Daar is in elk geval iets arrogants in hierdie oproep. Wie oor apartheid bely, oorskat hom- / haarself. Samelewings (soos ook die Suid-Afrikaanse gemeenskap van gister, vandag en môre) word deur ’n oneindige netwerk van sosio-politieke faktore gedryf. Wat in die Suid-Afrikaanse samelewing gebeur het, en wat nou nog plaasvind, word deur die ekonomie, politieke magspeletjie en meedoënlose sosiale kragte bepaal. In die lig hiervan rig teksversies uit boksies nie veel uit nie. Beteken teologieë nie veel nie. Is teoloë politieke randfiguurtjies. Politieke deugniete eintlik. Wie dus bely, moet oppas dat hy hom nie te hoog ag nie.
• Die ontkenning van die geskiedenis se meerduidigheid. Iets van die basiese oopheid van geskiedskrywing word vertrap. Die geskiedenis word so geïnterpreteer dat veral die NG Kerk en die Afrikaner die groot boewe is. Omdat die verlede altyd oop is, is dit mense se goeie reg om dit so te interpreteer. Dit word egter bedenklik wanneer God daaraan gekoppel en alles in religieuse terme (soos waarheid, skuld, belydenis, vergifnis, versoening) uitgespin word. Uiteindelik sal ons iets en ook net iets van apartheid verstaan deur vele en opponerende verhale van wit en swart en bruin wat oor baie jare en uit verskillende gesigshoeke oor en oor vertel sal word. Wie die verlede eenduidig begryp, ontneem veral jongmense die geleentheid om apartheid anders, nuut, kreatief en verskillend van die gangbare te verstaan en te beskryf.
• Die pasifisering van die Afrikaner. Hier sien ’n mens hierdie teologie op sy vernietigendste. Die Afrikaner word so gedemoniseer dat hy te bang is om vir homself te veg. Godsdiens verlam hom so dat hy meen hy moet laag lê, dat hy net vir die groter geheel moet leef, dat hy homself moet vernietig, dat hy nie te veel op regte moet aandring nie, dat hy liefs nie nou vir, in en deur Afrikaans moet leef nie, en nog baie ander dinge meer. En dit net vanweë andere se kleinburgerlike godsdiens.
So het die anti-apartheidsteologie ons lewens verarm. Hoe is ons darem nie teruggesit nie. Ons is nog net so agter as dertig, veertig jaar gelede. In ons spreke oor God en die Bybel kan ’n mens ook die agterstand hoor. Dag vir dag kom die probleme van die kritiese Bybelwetenskap nog steeds soos rotsblokke op ons af. Niks gaan daaraan gedoen word nie. Soos wat die anti-apartheidsteologie vervaag, sal twee ander teologiese tipes ons daarvan weerhou. Die een is gereformeerde fundamentalisme: ’n klein groepie bepaal die waarheid; ’n kringetjie word daaromheen getrek, slegs diegene wat binne is, het die waarheid; die toegange word streng bewaak, niks krities mag die binneruim betree nie. Die ander is religieuse ekstase: in die magsgreep van geestelike beswyming word alle kritiese vrae so verdoof dat dit later nie eers meer gehoor kan word nie.
’n Slotwoord. Wie bostaande lees as net nog ’n manier van ’n wit Afrikaner man om hom van die apartheidsverlede los te maak, verstaan dit nie. Ek wil eerder uit as in wees. Eerder in die buitenste duisternis (teen die tyd moet daar ook al klomp lekker ouens wees) as om ingedwing te word by (wit) mense wat God met ’n dowwe bril van ’n vorige eeu lees, die Bybel fundamentalisties verstaan en die verlede eenduidig beskryf.
August 24, 2010 at 10:45 am
I doubt that we will ever have colour-blind children. What we need, however, is colour-blind laws and enforcement of those laws.
Nearly 50 years ago Martin Luther King said he had a dream of a society in which (quoting from a poor memory) little white children and little black children would go to school together and play together and not be judged by the colour of their skin but by the content of their character.
I think we are several steps closer to realising that dream than we were 50 years ago. Fifty years ago little white children and little black children rarely met, and if they did it was often in unequal social circumstances (like when the white children’s father owned the farm, and the black children were children of his employees). Now you can see them playing in the street. If they did that 50 years ago, the police would be around asking questions.
Martin Luther King’s dream echoed the New Testament:
Wherefore we henceforth know no man after the flesh: even though we have known Christ after the flesh, yet now we know him so no more.
Wherefore if any man is in Christ, he is a new creature: the old things are passed away; behold, they are become new (2Co 5:16-17).
And there is one aspect of white privilege that will be very difficult to eliminate, but it also is perhaps a form of “affirmative action” for the “previously disadvantaged”.
That is that nearly all white children have the privilege of going to school with black children and meeting them at school, even if they meet them nowhere else. Only a minority of black children have the privilege of meeting white children at school. Many go to township schools where there are no white children at all.
September 23, 2010 at 6:33 pm
Here in the UK I’d prefer to think of us as being colour-enriched, although there’s plenty of racism simmering away just beneath the surface — and an implicit assumption by those who make racist comments when there are only white people present that we all think the same way. Difficult… didn’t really notice it when I lived in London, it’s such a diverse community, but out here in the sticks of rural Bedfordshire where it’s still white majority it’s quite noticeable…
October 12, 2010 at 3:12 am
[…] I find the expectations we have of youth in our congregations more and more interesting. In a congregation where the average member will attend church every second Sunday or so, the expectation remain that our youth should attend church, Sunday School, as well as one more “youth event” during the week. Add to this some Christian youth group at school during a break. Yet, we continue to bemoan the fact that their is a “crisis with our youth” on the one hand, and talking about how the next generation will transform the church or Christianity or moral life (I pointed to some example concerning gospel music and the reference to “‘n Nuwe Generasie” (Afrikaans) as well as youth and racial issues) […]
October 15, 2010 at 12:04 am
[…] maar min aangeraak is deur die luisteraars, dalk deur ons wat gepraat is ook. Wat ek baie hoor is die argument dat ons kinders “kleurblind” is. Hulle sien nie ras raak nie. Sonder om in detail in te gaan, dink ek bloot nie dit is waar nie. […]
October 19, 2010 at 1:35 pm
It’s not the distinguising of colour/race that bothers. It’s the pre-assumed judgement against colour/race that is of concern.
I see no sin in being proud of your colour / race / heritage (go back as far as the Tower of Babel). Where us Afrikaners missed the plot was when our Nationalist pride spilled over in racial hatred. We were so looking to belong somewhere. Europe was no longer home. Africa was a tough place, yet chissled in our hearts. Rather than exibiting brotherly love to those that shared the same red earth of SA than us, we suddelny decided that we are God’s own creation. God’s chosen tribe. What followed thereafter, The Post-Apartheid Blues (or depression as explained in the first comment) is a discussion for another time.
I feel it is imperative to distinguish colour / race / heritage (I name all three as they are inseprable as “pap & sous”). Take Britain for example. England is on the same guilt trip as SA (rather than post-apartheid it is post-colonialism). However, ask the average Brit what it means to be English? He’ll give you a blank stare and perhaps mention drinking Tea (Indian heritage), eating Fish & Chips (Indian heritage) and having 2.4 children the list goes on. Some parts of England is so cosmopolitan that the inhabitants of these areas have to heritage or culture (New Age?). They become so politically correct that it becomes anal. Yet behind closed doors they are as racist as every second Texan.
Distinguish race / colour / heritage. But honour the difference – don’t judge and persecute it. Don’t try and make a Gnu from a Zebra or a Hippo from an Elephant.
Pulling this back to God’s Creation. Did He create a non-coloured, non-racial society? If He did, then please be colour blind. But I don’t think that is the case. He did however give us a simple command: “Thou shalt not avenge, nor bear any grudge against the children of thy people, but thou shalt love thy neighbour as thyself: I am the LORD”. Leviticus 19:18
March 1, 2011 at 6:11 pm
[…] that is what we hope for. Maybe that is the best white parents can do. We won’t be raising colour-blind children, we should get rid of that myth. But hopefully we will raise colour-conscious children. This do not […]